MOSSELBAAI NUUS - Om saam te val met Vervoermaand, beplan die Erfenisvereniging om op Woensdag, 1 November om 10:00 die lokomotief-hersteldepot in Voorbaai te besoek om die restourasie van nog 'n stoomlokomotief te besigtig.
Die groep sal eerstehands van mnr Bobby Rudman verneem al die fynere besonderhede kry van presies wat die restourasie van 'n stoomlokomotief, wat in werklikheid "afgeskryf" is, behels.
Rudman sal in besonderhede vertel hoe die restourasiewerk nuwe lewe gee aan die ou strydros om dit weer in diens geplaas te kry.
Alle belangstellendes word uitgenooi om hierdie interressante besoek mee te maak.
Die groep kom om 10:00 byeen by die ingang van die hersteldepot in Voorbaai. Na afloop van hierdie besoek sal die geskiedkundige was-en-stryk-museum besoek word.
Kontak Lewies van Zyl (083 305 0307 of 044 690 3454) met navrae.
Die jongste restourasieprojek word na die hersteldepot gerangeer waar Bobby Rudman en sy span dit sal restoureer sodat die binnekort weer in volle glorie van diens kan wees. Lesers word genooi om saam met die Erfenisvereniging bsoek af te lê by hierdie restourasieprojek. Foto: Dave van der Merwe.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'