Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Eden Photographic Society (EPS) se maandelikse byeenkoms is op 11 Oktober by die Diaz Hotel gehou.
Daar is sewe kategorieë vir foto-inskrywings, naamlik: menslike portrette, landskappe, natuur, fotojoernalistiek, ope afdeling, visuele kuns en 'n voorgeskrewe onderwerp.
FOTOGALERY: EPS wenfoto's vir Oktober
Oktober se voorgeskrewe onderwerp was Frame seeker.
Wenners
Die algehele wenfoto’s vir Oktober is:
- Groep A wenner: Elizabeth Nicholson se Wishful Thinking (visuele kuns).
- Groep B wenner: Marianna Erasmus se Milky way with boabab (ope afdeling).
Meriete-toekenning
- Visuele kuns: Elizabeth Nicholson se Wishful Thinking.
- Ope afdeling: Elizabeth Nicholson se Bright Fruit n Veg.
- Ope afdeling: Johan Enslin se Sleeping beauty.
- Ope afdeling: Mariana Erasmus se Milky way with baobab.
Besoekers is welkom om die klub se foto-beoordeling by te woon. Dit vind elke tweede Dinsdag van elke maand om 19:00 plaas.
Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit.
Vir enige navrae oor die klub kan Michael van Schalkwyk (082 953 7671) gekontak word.
Lesers kan na EPS se Facebookblad gaan kyk - Eden Photographic Society.
Marianna Erasmus se Milky way with boabab (ope afdeling).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'