Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Eden Photographic Society (EPS) se maandelikse byeenkoms het op 14 November in die Diaz Hotel plaasgevind.
Daar is sewe kategorieë vir foto-inskrywings, naamlik: menslike portrette, landskappe, natuur (macro/close up), fotojoernalistiek, ope-afdeling, visuele kuns en 'n voorgeskrewe onderwerp. Oktober se voorgeskrewe onderwerp was Night time.
Wenners
Die algehele wenfoto’s vir November is:
- Senior: Johan Steyn se Steering to stature (voorgeskrewe onderwerp).
- Senior naaswenners: Gerda Fouche se Vlinder prag (natuur) en Elizabeth Nicholson se Bougainvillea Vliegie (natuur).
- Junior: Job Ubbink se The island church of Bled (landskappe).
- Junior naaswenner: Job Ubbink se Reflections of light (voorgeskrewe onderwerp).
Meriete toekennings
Johan Steyn se Steering to stature (voorgeskrewe onderwerp), Gerda Fouche se Vlinder prag (natuur) en Elizabeth Nicholson se Bougainvillea Vliegie (natuur).
EPS sterstatus bevorderings:
Hartlik geluk aan die volgende lede: Carien Kruger is bevorder na Meester Platinum, Johan Nel en Tilla Vorster is bevorder na 4-sterstatus en Gerald Nicholson is bevorder na 3-sterstatus.
Die klub se eerste byeenkoms sal volgende jaar in Februarie 2024 hervat word. Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit. Vir enige navrae oor die klub kan Johan van Aarde (084 760 0602) of Michael van Schalkwyk (082 953 7671) gekontak word.
Lesers kan ook EPS se Facebookblad besoek - Eden Photographic Society.
Junior wenner foto van die maand - Job Ubbink se The island church of Bled (landskappe)
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’