Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Eden Photographic Society (EPS) het op 8 Maart weer eens ‘n suksesvolle byeenkoms in die Diaz Hotel gehou.
Daar is sewe kategorieë vir foto-inskrywings. Maart se voorgeskrewe onderwerp was Turn the dial to f11.
Wenfoto's
Die algehele wenfoto's van Maart is:
- Groep B wenner: Sakkie Haarhoff se Laat middag in Namibië (voorgeskrewe onderwerp).
- Groep B naaswenner: Job Ubbink se Prison of Terror Auschwitz (fotojoernalistiek).
- Groep A wenner: Elizabeth Nicholson se Last Perch (visuele kuns).
- Groep A naaswenner: Muriel Eddy se Nearly finish (natuur).
- Groep A naaswenner: Anton la Grange se Vietnam Rice Paddies 1 Panorama (visuele kuns).
Meriete-toekennings:
- Visuele kuns - Elizabeth Nicholson se Last Perch.
- Natuur - Muriel Eddy se Nearly Finish.
- Visuele kuns - Anton la Grange se Vietnam Rice Paddies 1 Panorama.
Besoekers is welkom om die klub se foto-beoordeling by te woon. Dit vind elke tweede Dinsdag van elke maand om 19:00 plaas. Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit.
Vir enige navrae oor die klub kan Michael van Schalkwyk (082 953 7671) gekontak word.
Lesers kan na ons Facebookblad gaan kyk - Eden Photographic Society.
Kategoriewenner - Mari du Toit - Kaapse Wewer (natuur).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'