Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Eden Photographic Society (EPS) het op 8 Februarie weer eens ‘n suksesvolle byeenkoms in die Diaz Hotel gehou.
Daar is sewe kategorieë vir foto-inskrywings. Februarie se voorgeskrewe onderwerp was Monochrome.
Wenfoto's
Die algehele wenfoto's van Februarie is:
- Groep B wenner: Retief van Zyl se No swimming (landskappe).
- Groep B naaswenner: Marianna Erasmus se Princess posing (voorgeskrewe onderwerp).
- Groep A wenner: Johan Steyn se Sweeping Statement (menslike potrette).
Meriete-toekennings:
- Voorgeskrewe onderwerp - Gerda Fouche se Quite time.
- Voorgeskrewe onderwerp - Pierre Jordaan se What did you say.
- Natuur - Johan Steyn se Preparing for a family.
- Ope afdeling - Elaine van der Toor se Black and White.
- Ope afdeling - Johan Steyn se Three Sisters.
- Menslike potrette - Johan Steyn se Sweeping Statement.
Besoekers is welkom om die klub se foto-beoordeling by te woon. Dit vind elke tweede Dinsdag van elke maand om 19:00 plaas.
Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit.
Vir enige navrae oor die klub kan Michael van Schalkwyk (082 953 7671) gekontak word.
Lesers kan na ons Facebookblad gaan kyk - Eden Photographic Society.
Kategoriewenner - Mignon du Toit - Desert Truth (fotojoernalistiek).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'