Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Eden Photographic Society (EPS) se maandelikse byeenkoms het op 8 Augustus in die Diaz Hotel plaasgevind.
Daar is sewe kategorieë vir foto-inskrywings, naamlik: menslike portrette, landskappe, natuur, fotojoernalistiek, ope-afdeling, visuele kuns en 'n voorgeskrewe onderwerp. Augustus se voorgeskrewe onderwerp was “Camera on the ground".
FOTOGALERY: “Camera on the ground"
Wenners
Die algehele wenfoto’s vir Augustus is:
- Senior: Gerda Fouche se Early Breakfast (natuur).
- Senior naaswenner: Danie Pretorius se Het jou (natuur).
- Junior: Marianna Erasmus se Dry riverbed (landskappe).
Meriete toekennings
- Gerda Fouche se Early Breakfast (natuur).
- Danie Pretorius se Het jou (Natuur).
Sterstatus bevorderings in EPS klub
Baie geluk met die bevorderings van Johan Steyn na meester diamant-status, Ingrid Louw na 4-sterstatus en Marianna Erasmus na 3-sterstatus.
Besoekers is welkom om die foto-beoordeling by te woon. Dit vind elke tweede Dinsdag van die maand om 19:00 plaas. Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit.
Vir enige navrae oor die klub kan Johan van Aarde (084 760 0602) of Michael van Schalkwyk (082 953 7671) gekontak word.
Lesers kan ook na EPS se Facebookblad gaan kyk - Eden Photographic Society.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’