Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Eden Photographic Society (EPS) se maandelikse byeenkoms het op 11 April in die Diaz Hotel plaasgevind.
Daar is sewe kategorieë vir foto-inskrywings, naamlik: menslike portrette, landskappe, natuur, fotojoernalistiek, ope-afdeling, visuele kuns en 'n voorgeskrewe onderwerp.
FOTOGALERY: Eden Photographic Society (EPS) se maandelikse foto's
April se voorgeskrewe onderwerp was Table top - Fruit/Vegetables.
Wenners
Die algehele wenfoto’s vir April is:
- Senior: Gerda Fouche se Ouma se kombuis (voorgeskrewe onderwerp).
- Junior: Hanri Roets se Sandy urchin (ope-afdeling).
- Junior naaswenners: Liana Hoffman se Dreams (menslike potrette) asook haar Fight the fire (fotojoernalistiek) en Job Ubbink se Singing to the tune (fotojoernalistiek).
Meriete toekennings
- Gerda Fouche se Ouma se kombuis (voorgeskrewe onderwerp).
- Johan Enslin se Hartenbosrivier (landskappe).
- Johan Steyn se Abu Dhabi Sunrise (landskappe).
Besoekers is welkom om die foto-beoordeling by te woon. Dit vind elke tweede Dinsdag van die maand om 19:00 plaas.
Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit. Vir enige navrae oor die klub kan Johan van Aarde (084 760 0602) of Michael van Schalkwyk (082 953 7671) gekontak word.
Lesers kan ook na EPS se Facebookblad gaan kyk - Eden Photographic Society.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’