MOSSELBAAI NUUS - Entrepreneurs het op Saterdag, 26 November weer in die Harry Giddey-park in Mosselbaai bymekaargekom om die mark te geniet en hul goedere aan klante te bied vir Kersfees-inkopies.
Die volgende mark wat in die park aangebied word, is op 10 Desember op dieselfde dag as die aanskakel van Mosselbaai se feestelike Kersfeesliggies.
Stalletjies is gratis en kan by Cardry Pick (cpick@mosselbay.gov.za) bespreek word.
Die mark begin om 16:00 en sal vanaf 18:00 opgevolg word deur 'n program wat die sing van Kersfeesliedere by kerslig insluit. Die Kersfeesliggies sal omstreeks 20:00 deur die burgemeester aangeskakel word.
Mosselbaaiers geniet 'n spesiale oomblik by die Harry Giddey-park. Foto's: Elaine van der Toorn
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'