MOSSELBAAI NUUS - Dit wil voorkom asof 'n kers wat omgeval het, waarskynlik tot die brand aanleiding gegee het wat die heenkome van 'n alleenouer en haar vier kinders op Jonkersberg verwoes het.
Raadslid Anton Dellemijn, wat hulp gaan verleen het, berig dat die gesin letterlik alles, ook hul identiteitsdokumente en Sassa-kaarte in die vernietigende brand op Vrydagaand, 24 November verloor het.
Die alleen-ouer, Katrina January en haar vier kinders van Jonkersberg het ter nouer nood aan die dood ontkom toe hul woonplek afgebrand het.
Geen lewensverlies is aangemeld nie.
Enige persoon wat van hulp kan wees met kos, klere of meublement kan raadslid Dellemijn (044 606 5000) kontak.
'n Brand het die heenkome van 'n enkelouer van vier kinders in Jonkersberg heeltemal verwoes.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'