MOSSELBAAI NUUS - Motorfietsryers van die groter Mosselbaai-omgewing kom weekliks op 'n Donderdag bymekaar.
Die groep staan bekend as die Sometimers.
Sommige van die lede is afgetree en ander werk, maar steeds maak hulle tyd om elke Donderdag om 09:00 te ontmoet.
Fotograaf Grey Stopforth ry ook motorfiets en het onlangs saam met die groep na Ruiterbos gery.
Enigeen is welkom om aan te sluit. Kontak Johan Taljaard (083 458 7102).
Motorfietsryers van die Mosselbaai-omgewing kom weekliks bymekaar.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'