Sy was 18 maande werkloos, maar het 'n besluit geneem dat sy nie werk sou aanvaar tensy dit iets sou wees waarin sy werklik 'n verskil in haar gemeenskap sou kon maak nie. Juis in daardie tyd het die Piet Julies MIV/Vigs-aksiegroep sy beslag gekry en moes 'n kantoor opgesit word.
Rita is toe, danksy die aanmoediging van goeie vriende, aangewys as die ideale kandidaat.
Gulde geleentheid
"Dit was die geleentheid waaroor ek gebid het."
Rita sê sy doen wat sy doen omdat sy glo in genesing.
"Daar is min dinge wat my gelukkiger maak as wanneer ons 'n verwysing kry en 'n kliënt met 'n rolstoel en baie siek hier ingestoot word. Dan begin ons werk. En soms maande daarna, kom daardie selfde mense terug, letterlik 'n ander mens."
'n Tweede kans
Zoleka Mabuto, voorheen 'n kliënt en vandag 'n fasiliteerder by die organisasie, se storie is só.
Vandag leef Zoleka haar ten volle uit in haar werk en geniet sy veral om met die kinders van die Ithemba Kids te werk. Hierdie groep is saamgestel uit kinders wat geraak word deur MIV/Vigs, asook ander weerlose kinders.