MOSSELBAAI NUUS - Hierdie items is verlate gevind by 'n perseel in Geelhoutlaan, Hartenbos op 5 Julie omstreeks 05:00.
Volgens inligting is daar gepoog om by 'n voertuig op die perseel in te breek, toe die voertuig se alarm geaktiveer is en die verdagte(s) van die toneel gevlug het.
Hierdie items is in die proses agtergelaat, maar is vermoedelik elders gesteel.
Enige persoon wat die items kan eien, word versoek om die ondersoekbeampte, kst Ayabonga Lolo te kontak (079 893 9935 of 044 606 2200).
Hierdie item is in die proses agtergelaat, maar is vermoedelik elders gesteel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'