MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisie het ‘n dossier vir ‘n geregtelike doodsondersoek geopen nadat hulle gister ontvangs geneem het van ‘n donkerblou Adidas-sweetpakbaadjie, waarin wat lyk soos ‘n ribbebeen vassit, op Diasstrand gevind is.
Besoekers uit Pretoria het tydens ‘n wandeling op die strand op die vonds afgekom waar dit tussen rotse gelê het.
Munisipale werkers was ook op die toneel.
Die vonds is aan die Da Gamaskop-polisie oorhandig wat dit vir forensiese toetse na Kaapstad gestuur het om te bepaal of dit menslike beendere is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'