Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Met die Covid-19-beperkings van 2020 en tans op vlak 1 was skoolsport in 'n krisis en het ontwikkeling van sportkodes feitlik tot 'n halt gekom.
Saam met beperkings van skole wat vir lang tye gesluit was, was leerders se ontwikkeling in verskillende sportkodes ook beperk.
Laerskool Hartenbos se toerplanne is verlede jaar gehalt na die eerste aankondigings van die Covid-19-pandemie, maar het gerealiseer toe die skool se eerste rugbyspan vir die eerste keer weer 'n toer onderneem het.
Die span van 25 saam met hul afrigters het Vrydag, 7 Mei vertrek op 'n toer na Swellendam en Bredasdorp. Die middag is die eerste wedstryd in die reën gespeel. Die volgende dag het hulle op Bredasdorp gespeel. Soos die Covid-19-regulasies voorskryf mag ouers nie op die skoolterrein kom nie.
Die aand voor die span vertrek het is 'n funksie gehou waar spanlede hul uitrustings ontvang het wat deur ouers en instansies vir die spanlede 'n werklikheid gemaak het.
Kyk 'n video hieronder:
Die hoof van Laerskool Hartenbos, Werner van Huyssteen het na opening met gebed die seuns toegespreek oor drie aspekte van respek. Nadine le Roux, wat voorheen betrokke was by die Blou Bulle, het binne 'n week vir elke spanlid 'n sak met twee T-hempe, 'n kappie-uitrusting, pet en verskeie ander items georganiseer deur ouers wat hul harte en hande oopgemaak het vir die seuns.
Nadine het by die geleentheid hulle ook verras met 'n video van bekende rugbyspelers wat hul voorspoed toegewens het vir die toer:
Die eerste rugbyspan van Laerskool Hartenbos het verlede naweek hulle eerste naweektoer gehou. Van links, agter: Mnr Dawie Dyason, Lincin Stevens, Skylar van der Merwe, Juan-Emile Smith, Francois Strydom, Christian le Roux, Aidrian Smith, Ruan Fourie en mnr Jaydee Bester. Middel: Zaine Ferreira, Dandré Redelinghuys, HP Muller, Bjorn Jonker, Arthur Muller, Phillip Watkins, Hannes Schoeman, Andrew Lourens en Abrie Sutherland. Voor: Emile Jumad, Zande Booisen, Bekker Bruwer, Kane du Plessis, Charl
Matthew Bossert.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'