MOSSELBAAI NUUS - Na verwagting sal die eerste begrafnis in die nuwe begraafplaas volgende week plaasvind. Die begraafplaas oorkant Aslapark is intussen amptelik geopen en heet die Pinnacle Point-begraafplaas.
Verteenwoordigers van begrafnisondernemers het Dinsdag, 29 Januarie by die begraafplaas, wat 19 hektaar beslaan byeengekom vir die amptelike opening.
Die Heiderand-begraafplaas is bykans vol en hoewel 'n beroep op inwoners gedoen word om alternatiewe soos verassing te oorweeg, verkies verskeie kulture tog steeds om hul afgestorwenes te begrawe.
Die Pinnacle Point-begraafplaas sal as streeksfasiliteit dien. Wanneer die ander sewe begraafplase in die groter Mosselbaai nie meer plek vir verdere grafte het nie, sal dit gesluit word en die nuwe begraafplaas gebruik word.
Die Pinnacle Point-begraafplaas sal na verwagting tot ongeveer 2060 aan die behoefte vir grafspasie kan voldoen.
Die Heiderand-begraafplaas is bykans vol en hoewel 'n beroep op inwoners gedoen word om alternatiewe soos verassing te oorweeg, verkies verskeie kulture tog steeds om hul afgestorwenes te begrawe.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'