Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die eerste blinde navigatorstydren het vandag Saterdag, 1 April by die Hart & Bosch Village net buite Hartenbos plaasgevind.
Deelnemers het om 10:00 weggespring op die onbekende roete op openbare paaie in die Mosselbaai-omgewing met bestuurders wat elkeen 'n blinde navigator het wat vanaf 'n braille-roeteskedule die bestuurder by geografiese punte moet inlig wat om te doen en teen watter spoed om te reis.
Vir meeste van die bestuurders en blinde navigators was dit ‘n eerste en ‘n hele paar het van die punte gemis.
Die roete was ‘n geheim en bestuurders en navigators het enkele minute voor hul vertrek eers die dokumentasie en tydhorlosie ontvang.
Die tydren bied geleentheid aan die publiek om meer te leer oor die vaardighede en vermoëns van gesiggestremdes. Die St Blaize Lionsklub het hierdie geleentheid vanjaar vir die eerste keer na die Tuinroete, met Mosselbaai as gasheerdorp gebring.
VIDEO: Eerste blinde navigatorstydren vir Mosselbaai
Lees meer in die 6 April uitgawe van die Mossel Bay Advertiser. Videos en foto gallery is dan op die webblad te sien.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’