Update
GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier het verskeie leidrade opgevolg nadat vier gewapende mans die plaaslike poskantoor op Woensdag, 3 Junie beroof het en het gister ‘n verdagte inhegtenis geneem.
Die 35-jarige man is by KwaNonqaba op Mosselbaai vasgetrek en bly tans in aanhouding by die Groot-Brakrivier-polisiestasie.
Die inhegtenisname volg op ‘n dramatiese rooftog waartydens vier mans ook die sekuriteitsbeampte van Fidelity Guards wat daagliks by die poskantoor werk, van sy vuurwapen beroof het.
Werknemers van die poskantoor wat die voorval aanskou het en met vuurwapens gedreig is, moes vir etlike beradingsessies gaan.
Dit is steeds nie bekend presies hoeveel geld gesteel is nie.
Die verdagte sal na verwagting op Donderdag 2 Julie in die Groot-Brakrivier Landdroshof verskyn.
VORIGE ARTIKEL: Poskantoor steeds gesluit
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'