MOSSELBAAI NUUS - Die KwaNonqaba-polisie se misdaadvoorkomingseenheid onder aanvoering van Adjudant-offisier JC Brink het dwelmhandelaars in Aslapark nóg 'n gevoelige slag toegedien.
Op Donderdag, 13 Desember het die eenheid 200 gram Heroine ter waarde van sowat R15 000, asook dagga en tik in 'n operasie gekonfiskeer.
'n Saak van handel is geopen teen 'n buitelandse burger asook 'n Suid-Afrikaanse burger.
Adjudat-offisier Brink het groot lof vir sy spanlede, Sersant Potongwana en Konstabels Rabie en Zani gehad vir die deurslaggewende rol wat hulle gespeel het in die opsporing en arrestasie van die vermeende dwelmhandelaars.
Dagga en tik is in 'n operasie gekonfiskeer. Foto's: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'