MOSSELBAAI NUUS - Die Opsporingseenheid van die Da Gamaskop polisiesone onder aanvoering van adjudant offisier JC Brink het gisteraand 'n dwelmhandelaar in Skoolstraat, Herbertsdale gearresteer.
Volgens die kommunikasiebeampte van die KwaNonqaba-polisie, sersant Kapp, is 'n 51-jarige Suid-Afrikaanse burger omstreeks 19:30 gearresteer nadat beide mandrax en Tik opgespoor is.
"Ons bedank die gemeenskap vir die waardevolle inligting wat bygedra het tot die arrestasie," sê sersant Kapp.
Die verdagte is tans in aanhouding by die Mosselbaai-polisie se selle en sal na verwagting Dinsdag in die hof voorkom op dwelmverwante klagte.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'