Video
MOSSELBAAI NUUS & VIDEO - Sowat 25 landbouers, onder meer kleinboere van die Herbertsdale- en Buysplaasomgewing, wag tans in afwagting op 'n aflewering van 35 ton droogtehulp.
In samewerking met Agri-Weskaap, het OVK droogtehulp aan boere in dié geweste bewillig weens die knellende droogte wat etlike maande reeds duur en in felheid toeneem.
Plaaslike boere het bygedra tot die brandstofkoste vir Jonckies Vervoer van Oudtshoorn wat die vrag mielies op Clocolaan gaan haal het.
Kyk 'n video hieronder.
VIDEO & FOTO: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER-NUUSREDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'