MOSSELBAAI NUUS - Daar was vanmiddag, Donderdag 17 November ongeveer 17:30 drie voertuie in ‘n ongeluk betrokke in Louis Fourieweg tussen Boland Park en SSK Agri.
Nooddienste was op die toneel en een voertuig moes van die toneel verwyder word.
Geen beserings is aangemeld nie. Geen verdere inligting is beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'