MOSSELBAAI NUUS - ‘n Vrou en twee kinders is die afgelope naweek in drie afsonderlike voorvalle op Mosselbaai verkrag.
Die misdrywe het binne ‘n tydperk van 24-uur gebeur.
In die eerste voorval op Saterdagmiddag is ‘n 5 jarige seun na bewering deur ‘n 20-jarige man in ‘n lekkergoed winkel by Asla Park seksueel aangerand.
Die KwaNonqaba polisie het die volgende dag ‘n oproep van die man van ‘n 4-jarige meisie ontvang nadat die kind na bewering deur ‘n 14 jarige seun in sy huis gesodomiseer is.
Skaars drie ure later het die polisie ‘n klagte ontvang van ‘n 30-jarige vrou wat voor haar 10- en 3 jarige dogters verkrag is. Die vrou beweer dat haar kerel haar in ‘n voetpaadjie by Asla park bewusteloos geslaan het en voor haar kinders verkrag het.
Al drie die verdagtes verskyn môre in die hof op Mosselbaai.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'