MOSSELBAAI NUUS - Drie persone is vanmiddag, Saterdag 19 September, beseer toe ‘n Mercedes Benz en ‘n Volkswagen in ‘n ongeluk betrokke was.
Die ongeluk het in Louis Fourieweg plaasgevind, net na die Langeberg Mall-verkeerslig, rigting Mosselbaai.
Nooddienste het drie persone op die toneel behandel en na die hospitaal geneem.
Die aard van hul beserings is onbekend.
Mosselbaai Brand en Redding het olie wat op die pad uitgeloop het opgeruim en die verkeer was vir ‘n tyd lank ontwrig.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'