MOSSELBAAI NUUS - Die Romey drankwinkel in Marshstraat, Mosselbaai, is vanoggend omstreeks 10:15 beroof.
Polisiewoordvoerder, sers Chris Spies, sê 'n voorlopige ondersoek dui daarop dat twee mans met 'n vuurwapen die winkel binne gestorm en personeel met die vuurwapen gedreig het.
Die verdagtes het 'n onbekende bedrag kontant uit die kasregister gesteel voordat hulle in 'n wit Honda gevlug het. Die verdagtes is steeds op vrye voet.
Enigiemand met inligting, kan die ondersoekbeampte, sers Thurston Amsterdam, kontak op 079 893 9937 of 044 606 2851.
Die voorval volg op 'n vlaag van misdaad wat die dorp die afgelope paar weke getref het. Daar is by verskeie besighede ingebreek. 'n Klerewinkel in die hoofstraat, 'n koffiewinkel en 'n restaurant by die Punt het in van die mees onlangse voorvalle deurgeloop.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’