Mosselbaai gaan groot in afwagting van die Kwêla Dorp van die Jaar aankondiging wat vanaand in die Walvissaal, en nie meer by die Hartenbos Seefront nie, op ‘n grootskerm uitgesaai gaan word.
Inwoners word uitgedaag om in die gees van die feesvieringe vanaand ou klere en/of komberse saam te bring vir behoeftige persone. Hierdie inisiatief deur die Mosselbaai Besigheidskamer wil probeer om te midde van die groot storm wat die Wes-Kaap getref het, uit te reik na mense wat dit werklik moeilik het.