Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - "Ons bly positief en ons gaan hierdeur kom."
Só meen Johan Jacobs, bestuurder van die Hartenbos-versorgingsoord, waar bejaardes reeds sedert 17 Maart in afsondering is. Die oord is een van Badisa se dienspunte. In Maart het dié organisasie besluit om 'n moratorium op besoekers te plaas en hulle inwoners in te perk ten einde hulle te beskerm teen die Covid-19-virus.
Ten tye van die tehuis te inperking, was al die bejaardes, asook die personeel in blakende gesondheid. Jacobs het vandeesweek by navraag aan die Mossel Bay Advertiser gesê, dat dit genadiglik steeds die geval is.
"Dit gaan goed met ons bejaardes en met die personeel. Die inwoners verlang uit die aard van die saak net baie na hulle familie. Ons doen ons bes om kontak te bewerkstellig deur video-oproepe en dies meer."
Die bejaardes het verlede Vrydag, 24 April konsert by die tehuis gehou om 'n bietjie gees te bou. "Daar is gesing, gedans en stories vertel om net 'n slag aan iets anders te dink."
Sedert die bejaardes met hulle inperking begin het, het die personeel seker gemaak dat fisieke aktiwiteite en vermaak by die tehuis voortgaan.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'