Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Laerskool Hartenbos het vandag, 7 November die hoogtepunt van hulle Dolfynfees aangebied.
Die program het reeds gister, 6 November met ‘n sportprogram begin. Vandag, het die propvol program iets vir almal gebied.
Die boeresport was ‘n treffer onder die jongklomp, terwyl die mallemeule soos altyd ook ‘n gunsteling was.
Valskermspringers en ‘n honde-vertoning het die adrenalien laat pomp.
Die dag word afgesluit met ‘n vermaaklikheidsprogram waar onder meer die gewilde Fatman en Jan Rhaap optree.
Fotogalery: Dolfynfees bied iets vir almal
Mossel Bay Advertiser- vryskutfotograaf, Grey Stopforth het die fees bygewoon.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'