GROOT BRAKRIVIER NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier het op 15 Maart inligting ontvang aangaande twee verdagte mans wat in die rigting van Mosselbaai onderweg was met 'n plasmatelevisieskerm in hulle besit.
Polisiebeamptes het die twee verdagtes op die N2 ingewag terwyl hulle in die rigting van Mosselbaai gery het.
Bystand is van die polisie se seegrenseenheid op Mosselbaai is ook ingeroep. Polisiewoordvoerder sers Laurianne Botha sê die voertuig is deursoek en beslag is op die televisie, wat vermoedelik gesteel is, gelê.
Ses pakkies tik ter waarde van R1 540 is ook in die verdagtes se besit gevind.
Die verdagtes word aangekla van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom asook handel in tik. Die plasmaskermtelevisie is kort na die voorval deur die geregmatige eienaar uitgeken as eiendom wat gesteel is. Die waarde van die televisie beloop R50 000.
Hierdie polisiebeamptes was deel van die operasie om die verdagtes op die N2 voor te keer.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'