MOSSELBAAI NUUS - Tydens die eerste amptelike maandelikse raadsvergadering op Donderdag, 28 Februarie het die uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal gesê hy is trots om munisipale personeel met hul uitmuntende dienslewering geluk te wens.
Hy het spesiale vermelding gemaak van die personeel van die Mosselbaai brand- en rampbestuursdienste onder leiding van die hoof Joseph Johnston wat die vernietigende brand in Hartenbos Heuwels merkwaardig onder beheer gebring en geblus het.
"Ons is dank verskuldig aan elke brandbestryder wat hul eie lewens op die spel plaas om lewens, die omgewing en infrastruktuur te red."
Burgemeester Levendal het ook erkenning gegee aan die sekuriteitswag van die ATKV wat 'n brand in die omgewing van die Hartenbosrivier geblus het deur sand met sy hande en pet te skep om die vlamme te bestry.
Die burgemeester het ook die brandbestryders en raadslede bedank wat gehelp het om die brand by die Eden Country Inn te blus en die 16 persone wat in die proses skade gelei het, bygestaan het.
"Munisipale personeel van onder meer die brand- en rampbestuursdienste en elektrisiteitsafdeling het boonop, sonder skroom, persoonlike finansiële bydraes gemaak aan die slagoffers, tekenend van hul omgee-ingesteldheid."
Die burgemeester het ook hulde aan die span gebring wat op 31 Desember 'n verstopte rioollyn in KwaNonqaba herstel het. "Die gemeenskap moet aangemoedig word om nie vullis in die stormwaterpype te stort nie. Wanneer hierdie pype verstop, beland die riool wat afloop in die klowe en uiteindelik kan dit by Diasstrand in die see beland."
Die burgemeester het hulde gebring aan William Duncan Potgieter (voorman), Curlian Genis, Jerome Breda, Zukisa Gweleda, John Fitzgerald (senior superintendent, water en sanitasie), Mxolisi Qakancu, en Dalinyebo Ntaka.
Direkteur Dick Naidoo is uitgesonder vir toekennings wat veral betrekking op die watersuiweringswerke van Groot-Brakrivier en Klein-Brakrivier het. Mosselbaai-munisipaliteit was herhaaldelik vir die beste watersuiweingswerke genomineer en het die toekenning in 2018 gewen.
Hierdie prestasie toon dat Mosselbaai-munisipaliteit teen die beste in die land kan meeding. Die toekennings gee onder meer erkenning vir die beste watersuiweringswerke (Groter as 10ML / dag) en beste watersuiweringswerke-laboratorium (op die mini-laboratorium vir operasionele monitering). 'n Derde toekenning is vir deelname gemaak.
Uiters streng kriteria vir hierdie toekennings word gebruik.
In die kategorie beste watersuiweringswerke, sluit dit in:
- 'n werksomgewing in terme van beskikbaarheid en voorwaardes, veral gesondheid en veiligheid, veiligheidstoerusting, veiligheidstekens en fasiliteite
- algehele voorkoms en huishouding
- sekuriteit en toegangsbeheer op die terrein
- geldige watergebruiklisensies
- bedienings- en onderhoudshandleiding / standaard bedryfsprosedures, onderhoudskedules, opleiding en ontwikkeling van personeel, veral die prosesbeheerders.
- werke en proseskontrolers klassifikasie vertoon
- 100% data op BDS (IRIS - geïntegreerde regulerende inligtingstelsel)
- watergehalte-nakoming van 95%
- rekordhouding van bedryfsaktiwiteite.
- deurlopende werking van die aanleg, onder meer beskikbaarheid van kragopwekkers, geïntegreerde stelsels en retensiedamme.
- kennis deel met ander munisipaliteite.
Vir beste waterwerke-laboratorium (op die mini-laboratorium vir operasionele monitering), sluit dit in:
- registrasie op die BDS
- toegewyde laboratorium area
- kalibrasie van instrumente (eksterne sertifikate)
- algehele netheid en netheid van laboratoriumtoerusting asook die toestand van die toerusting
- omkeertyd en optimalisering gebaseer op resultate
- opleiding van personeel, en rekordhouding.
Die direkteur tegniese dienste van die munisipaliteit, Dick Naidoo (tweede van regs) saam met (van links) raadslid Anton Dellemijn (portefeuljevoorsitter - tegniese dienste), die uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal, raadsheer Petru Terblanche en die onderburgemeester, Dirk Kotzè. Foto's: Nickey le Roux
Uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal bedank wetstoepassingsbeampte Zwelenthemba Joka wat 'n sterk standpunt teen korrupsie ingeneem het. 'n Motorfietsryer het Joka probeer omkoop toe daar 'n klagte teen hom gemaak is. Twee klagte is daarna teen die motorfietsryer geopen.
Die uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal het die munisipale werkers wat op 31 Desember verlede jaar onbaatsugtig gewerk het om 'n verstopte rioollyn te herstel, vir hul werk geloof.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'