MOSSELBAAI NUUS - Jarelange toewyding aan sport en ontspanning in Mosselbaai en omgewing het vrug afgewerp en is beloon met 'n sertifikaat van erkenning vir Edward Meyer, stigter van die Mosselbaai Ontspanningsklub.
Meyer was voorheen 'n produksievoorman by die eertydse Langeberg-fabriek en ook 'n stigter van die Caledonians-klub wat rugby, netbal en sokker gespeel het. Die klub het tot in Johannesburg en Walvisbaai, Namibië gaan deelneem aan sportgeleenthede. Meyer het hom nie net by sport bepaal nie, maar was ook later die eienaar van 'n langarmdansorkes, die Hotline Disco, asook 'n sogenaamde "familiebioskoop".
Die eertydse klub bestaan steeds as die Mosselbaai Ontspanningsklub, waarvan Meyer al 43 jaar lank die voorsitter is.
Tydens 'n onlangse seremonie van die SWD Rugbylegendes, is Meyer erken vir sy diens aan die gemeenskap.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'