MOSSELBAAI NUUS - 'n Man wat by 'n dokter se spreekkamer op Groot-Brakrivier ingebreek het, is op heterdaad betrap.
Die alarm van die spreekkamer het op Vrydag, 9 Maart afgegaan waarna personeel van 'n plaaslike sekuriteitsmaatskappy ondersoek ingestel het.
Volgens die woordvoerder van die plaaslike polisiestasie, sers Chantel Marais, het die polisie ook op die toneel opgedaag.
"Na 'n ondersoek is gevind dat die verdagte toegang tot die spreekkamer gekry het deur 'n venster aan die agterkant van die gebou met 'n voorwerp oop te breek."
Die polisie het die 31-jarige verdagte in een van die spreekkamers, boonop onder die ondersoekbed gekry, met 'n skootrekenaar in sy besit.
Die verdagte is op die toneel gearresteer en het op Dinsdag, 13 Maart in die landdroshof op Groot-Brakrivier verskyn op 'n aanklag van huisbraak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'