MOSSELBAAI SKOLENUUS - Riche Steyn en Courtney Tarentaal het hul skool trots gemaak tydens die NSS-eksamen van 2019.
Nadat van hul vakke hernagesien is, het Riche, tans 'n B SC-student aan Universiteit van die Witwatersrand 'n gemiddelde persentasie behaal van 79,7%.
Sy het onderskeidings in Afrikaans-huistaal (83%), Engels eerste addisionele taal (86%), lewensoriëntering (89%) en lewenswetenskapppe (84%).
Courtney, wat chemiese ingeneurswese aan Noordwes-Universiteit studeer, het 'n gemiddelde persentasie van 79,3% behaal, met onderskeidings in Engels eerste addisionele taal (85%), lewensoriëntering (85%), lewenswetenskap (81%) en fisiese wetenskappe (80%).
Hoërskool Sao Bras is met reg trots op hierdie twee uitblinkers.
Riche Steyn, wat 'n gemiddelde persentasie van 79,7% behaal het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'