Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Sedert Mosselbaai Speurdienste se geliefde aangenome kat, Kolonel Tiger vir drie weke in Oktober, 2020 vermis was, is hy deesdae weer katjie van die baan.
Geharde speurders loop draaie om die Kolonel, veral op Maandagoggende.
Almal krap egter steeds kop oor waar die Kolonel homself bevind het en selfs die topspeurders kon nog nie die raaisel oplos nie.
Een ding is egter seker, dit gaan voor die wind met die baas van die speurders.
Die Mossel Bay Advertiser het by die Kolonel gaan inloer.
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser oor hoe dit met hom gaan en of hy Mosselbaaiers enigsins sal inlig oor waar hy heen verdwyn het.
Kyk 'n video hieronder:
Kolonel Tiger het op dossiere aan die slaap geraak terwyl die Mossel Bay Advertiser hom graag te woord wou staan. Dit, nadat die baas van die Mosselbaai-polisiestasie se speurafdeling onlangs vir dae aaneen vermis was. Tot op hede weet niemand, nie eens die topspeurders waar presies die Kolonel hom bevind het nie.
Kolonel Tiger was nie baie spraaksaam toe die Advertiser hom oor die middaguur vir 'n eksklusiewe onderhoud nader nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'