MOSSELBAAI NUUS - Skaars het die munisipaliteit hul nuwe selfoontoepassing, oftewel App, op die Collaborator-platform geloods, of hulle is reeds loshande die voorste munisipaliteit wat geregistreerde gebruikers betref.
Boonop reageer Mosselbaaiers baie positief op die toepassing wat ten doel het om dienslewering selfs nog beter te maak.
Op sosiale media het 'n inwoner onlangs berig dat sy een aand om 23:00 'n klagte gerapporteer het, en dat personeel die volgende oggend om 09:30 reeds met herstelwerk begin het.
Die toepassing gee inwoners wat 'n klagte aanmeld blitsig 'n verwysingsnommer asook 'n aanduiding van hoe lank dit mag duur om die probleem uit te sorteer.
Mosselbaai-munisipaliteit bied nou vinnige kommunikasie gerieflik in die palm van u hand - dit spaar u die koste van 'n telefoonoproep en die frustrasie van aanhou om met die gepaste persoon te praat. Boonop word klagtes of kommunikasie deur die App onmiddellik op die stelsel vasgevang en die verwysingsnommer dien as bewys.
Inwoners kan steeds 'n e-pos stuur na admin@mosselbay.gov.za en of die kortnommer SMS by 44802 gebruik, en of die alle-ure kontaknommer 044 606 5000 skakel - die App is net die geriefliker alternatief vir effektiewe kommunikasie.
Vandeesweek het munisipale personeel van die openbare deelname-afdeling boonop in winkelsentrums vir belangstellendes touwys gemaak en gehelp om op die app te registreer.
Is u al geregistreer? Collab Citizen is beskikbaar by:
'n Skermgreep van 'n tevrede inwoner wat die App gelaai en gebruik het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’