MOSSELBAAI NUUS - In 'n klein ou straatjie in Mosselbaai lê daar herinneringe aan 'n man wat naam gemaak het in die jare toe Mosselbaai nog in sy kinderskoene was.
Vir die ouer garde in die dorp sal die naam Andrew Riley dalk 'n klokkie lui.
Hierdie Ier het saam met die Britse setlaars van 1820 in Suid-Afrika aangekom en het hom in Mosselbaai kom vestig. Hy is met Cecillia van Reenen van Albertinia op 26 September 1899 in die All Saints Anglikaanse Kerk getroud. Die egpaar het ses kinders gehad.
Hy was 'n klipmesselaar hier in Mosselbaai en verskeie van die klipgeboue in en om Mosselbaai is sy handewerk. Andrew se broer was die bakker op die dorp.
Lucia Bigley (83) van Kaapstad en kleinkind van Oupa Riley het besoek afgelê in Mosselbaai en het van die geleentheid gebruik gemaak om die straat wat na haar oupa vernoem is, te besoek. Lucia het aan die Mossel Bay Advertiser gesê dat dit jammer is dat sy nie die hele geskiedenis van Oupa Riley ingewin het nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'