Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die 2018 Dias en Port Fees is gisteraand, Donderdag 1 Februarie amptelik geopen.
Talentvolle plaaslike en Internasionale kunstenaars het in die Mosselbaai-stadsaal ‘n luisterryke en veelkleurige vertoning ter inleiding van die naweek se verrigtinge aangebied.
Na die amptelike verwelkoming van Mosselbaai se uitvoerende burgemeester, Raadsheer Harry Levendal, het Minister Anroux Marais haar gebruiklike kort, maar kragtige feesrede gelewer.
Almal wat die geleentheid bygewoon het was diep beindruk met die uiters talentvolle inwoners van Mosselbaai en omgewing en die kunswerk van James Malgas het die kern geskep vir die skouspel.
Daar word met groot afwagting uitgesien na die fees se verrigtinge wat vanaf vanmiddag op twee feesterreine gaan plaasvind.
Klik hier vir die feesprogram.
Kyk 'n video hieronder.
Minister Anroux Marais en Mosselbaai se Uitvoerende Burgemeester, Raadsheer Harry Levendal in ligte luim.
Die Knersvlakte Rieldansers het vrolik hull passies uitgevoer terwyl James Malgas sy kunswerk van Mosselbaai voltooi het.
ARTIKEL, FOTO'S EN VIDEO: TERSIA MARAIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'