MOSSELBAAI NUUS - Lede van die DA se vrouenetwerk, DAWN het ‘n skenking by die kantoor van die Mossel Bay Advertiser afgelewer ter ondersteuning van die koerant se Oliver Twist-gemeenskapsprojek.
Die gemeenskap is versoek om steun te bied aan die traumakamer van die KwaNonqaba-polisiestasie, waar groot behoefte bestaan.
Die vrouenetwerk het komberse en toiletware geskenk.
Hier is Tilla Kleinbooi, Lorraine Arrison en Rosina Ruiters van DAWN saam met Cornelle Carstens en Suzette Herer, onderskeidelik nuusredakteur en redakteur van die Advertiser wat die skenking in ontvangs geneem het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'