MOSSELBAAI NUUS - Stappers, insluitend mans, vroue, oud en jonk, het in getalle opgedaag vir die borskankerbewus-makingstap wat verlede Woensdag by die Hartenbos Seefront begin het.
In heerlike koel weer, het die stappers vrolik meegedoen aan die geleentheid.
Die jaarlikse Kansa Relay for Life vind hierdie naweek vanaf 26 tot 27 Oktober plaas in Hartenbos by die ATKV-amfiteater.
Toeskouers en individuele stappers is welkom om hierdie deurnagstaptog mee te maak. Vir meer inligting, kontak Margaret Bhana (084 508 2082) of Ernie Jacobs (083 290 3389).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'