MOSSELBAAI NUUS - Die opspoor van 'n ou foto, maak altyd 'n bietjie nostalgie los en veroorsaak 'n teruggryp na die verlede.
'n Leser het 'n foto van 'n dansende paartjie aan die Mossel Bay Avertiser gestuur met die verduideliking dat dit 'n ene Auther en Pollie Muller van die plaas Mullersvlei is.
Volgens die leser het die twee vir dekades bekend gestaan as Mosselbaai se beste danspaar. Sy skryf dat die twee "in verwondering" dopgehou is as hulle die dansbaan betree het. Iets van hierdie stelling is nogal opmerklik in die meegaande foto op die gesigte van die omstanders.
Volgens die bron, was die Mullers behoorlik danslegendes in Mosselbaai, veral in 'n tyd wat skuurdanse op plase aan die orde van die dag was. Sy sê dat hierdie byeenkomste "mandjiedanse" genoem is.
Het jy die Mullers geken? Onthou jy die "mandjiedanse" en tye toe Mosselbaaiers nog onbekommerd 'n opskop in 'n skuur kon hou?
Stuur 'n beskrywing van jou herinneringe en foto's na cornelle@groupeditors.co.za
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'