MOSSELBAAI NUUS - Vier danspare van die Dance Dimension-dansskool op Mosselbaai het vanaf 14 tot 16 Desember aan die Suid-Afrikaanse danskompetisie by Sun City deelgeneem en uitstekend gevaar.
Twee van die danspare, Lara-lee Meyer en Lee Wildemans asook Keyshe Fillies en Daren Amsterdam spog met goud in beide baldanse en Latyns-Amerikaanse danse.
Jade Moolman en Leeroy Muller het silwer in beide baldanse en Latyns-Amerikaanse danse verower.
Shaun Job en Vusumi van Wyk het silwer in baldanse en brons in Latyns-Amerikaanse danse behaal.
Beslis puik prestasies vir hierdie Mosselbaaiers.
Jade Moolman en Leeroy Muller het silwer behaal in beide baldanse en Latyns-Amerikaanse danse.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'