MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai is in die onlangse verlede geseën met wydverspreide reën wat tot gevolg gehad het dat die streng waterbeperkings wat gegeld het, verslap kon word.
Te midde van voorspellings van reën vir 'n groot deel van die naweek, kom die uitnodiging van die uitvoerende burgemeerster, raadsheer Harry Levendal na 'n dankseggingsdiens vir die wonderlike reën wat vanjaar in Mosselbaai en omliggende dele ontvang is.
Dit is net gepas dat ons as Mosselbaai-gemeenskap opreg sal dankie sê vir die genadegawe wat so ruim ontvang is.
Die gemeenskap van die groter Mosselbaai word uitgenooi na 'n dankdiens op Sondag, 9 Februarie vanaf 15:00 – 17:00 in die gemeenskapsaal op Klein-Brakrivier.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'