Video
MOSSELBAAI NUUS - Mossel Bay Advertiser hou 'n braaibroodjie-kompetisie om te bepaal wie Mosselbaai se braaibroodjie meester is.
Inwoners kon tot 12 Augustus hulle resepte inskryf waarna vyf finaliste gekies is.
Die vyf finaliste sal op Saterdag, 17 September by die Koswerf Restaurant in Hartenbos teen mekaar meeding en hulle braaibroodjies vir die publiek en beoordelaars braai.
Die geleentheid sal nie sonder plaaslike borge moontlik kon wees nie. Die Advertiser bedank die volgende borge wat pryse vir die wenners beskikbaar stel:
- Hartenbos ATKV-oord vir die borg van naweekverblyf vir ses mense.
- Brink & De Bruin Oogkundiges vir die borg van 'n Oakley of Rayban sonbril.
- Botlierskop vir 'n wildsrit vir twee mense.
- Albert Wiffen vir die borg van R400 se geskenkbewys.
- SSK Agriland Mosselbaai vir pryse ter waarde van R1 000.
VIDEO - Ons Braaibroodjie Master Finaliste (Video: Jannie du Plessis, Mossel Bay Advertser).
'Ons bring jou die nuuste Mosselbaai, Tuinroete nuus'