MOSSELBAAI NUUS - Die Mossel Bay Advertiser se braaibroodjie-kompetisie vind nou op Saterdag, 4 November, plaas. Vanjaar domineer vroue die kompetisie en uit die vyf finaliste is daar slegs een man.
Die finaliste is: Clarice Andries, Louis Pieterse, Jacolean West, Adele Cornelissen en Pauli Pretorius.
Die gewilde braaibroodjiekompetisie vind by die Koswerf op Hartenbos plaas.
Inwoners is welkom om die geleentheid by te woon. Dit begin om 10:00 en sal tot ongeveer 13:00 duur.
Die Mossel Bay Advertiser bedank die volgende borge: keramiekkunstenaar Minda du Plessis, Matt and Collin's Pizzeria and Food Bar, Botlierskop, Brink & De Bruin Oogkundiges, ATKV Hartenbos, Gastao's, Zandra Klapwijk, CP Craft Coffee Roasteries, SSK Agriland en Albert Wiffen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’