DANABAAI NUUS - Danabaaiers word uitgenooi na 'n inligtingsvergadering.
Die vergadering sal op Donderdag, 4 April om 18:00 in die gemeenskapsaal plaasvind.
Wyksraadslid Marie de Klerk en die Danabaai-wykskomitee het die vergadering belê om oor relevante kwessies aan die gemeenskap terugvoering te gee, onder meer oor die alternatiewe nooduitgang vir die woonbuurt, die noodbrandplan vir Danabaai, 'n besinning oor verdere inligting en terugvoer na aanleiding van die hernude openbare deelnameproses deur South Cape Fish Meal wat weer om die hernuwing van hul lug-emmissielisensie aansoek doen by die Tuinroete-distriksmunisipaliteit, die Danabaai-buurtwag en hoe beurtkrag Danabaai raak.
Raadslid de Klerk nooi inwoners om enige addisionele besprekingspunte - wat onder algemeen hanteer sal word - aan haar deur te gee (083 415 6981) of per e-pos by mdeklerk@mosselbay.gov.za
'Ons bring jou die nuutste Danabaai, Tuinroete nuus'