MOSSELBAAI NUUS - Danabaai-inwoners word vriendelik, dog dringend genooi na 'n spesiale vergadering wat deur die interimbestuur van die Inwoners/ Bewareavereniging vir 14 Maart om 18:00 in die Danabaai-gemeenskapsaal gereël is.
Die enigste punt op die agenda is om 'n wettig-verkose komitee vir die Danabaai Inwoners/Bewarea te kies vir die komende jaar.
Hierdie komitee sal bevestiging kry by die algemene jaarvergadering, waarvan die datum by hierdie spesiale vergadering vasgestel sal word.
Inwoners word versoek om skriftelike versoeke vir die spesale vergadering in te handig of per e-pos na Twana Roets te stuur by twana@jkprop.co.za - nie later as Dinsdag, 27 Februarie nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'