MOSSELBAAI NUUS - Tydens die kroningsplegtigheid op 21 November 2020, is Minette Marais (36) as Me Krugersdorp gekroon en het intussen saam met haar man, Ruan na Danabaai verhuis.
Marais het tydens 'n onderhoud met Mossel Bay Advertiser verlede jaar gesê dat sy hier in Mosselbaai haar liefdeswerk wil voortsit.
Sy het by haar woord gehou. Tans is sy die se handelsmerk-ambassadeur vir 'n gesondheidsentrum in Danabaai.
"Gesondheid is my passie en ek geniet dit verskriklik baie."
"My hart is baie seer oor ons land en sy mense. Ons moet daar vir mekaar wees en hulp aan die minderbevoorregtes kan gee," sê Marais. "Ek is ook daar vir vroue van jonk tot oud wat voel hul kan nie praat nie."
Sy mik ook nou na die Mev Garden Route-titel en volgens haar kan sy nie sonder die gemeenskap se hulp haar drome laat waar word. Die kroningsplegtigheid vind op 25 Augustus in die Oubaai hotel plaas.
Die mev Garden Route is 'n platform vir 'n ambassadeur om 'n verskil te maak in die gemeenskap deur werk en projekte van die Role Models Foundation in Suid-Afrika. Inspiring hope in the heart of the community is die slagspreuk vir dié gebeurlikheid. Die mees belangrike komponent van die liefdadigheid is dat hulle nie 'n vrou soek wat perfek is nie.
Hulle soek 'n vrou wat kan opstaan en praat vir dié wat dit nie self kan doen nie. Regte vroue is vroue wat gebroke was, wat die swaarkry van die lewe ken en wat die besluit gemaak het om 'n verskil aan minderbevoorregte mense in die gemeenskap te maak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'