MOSSELBAAI NUUS - ‘n Groep van ongeveer 64 vroue van Danabaai het voor die nasionale inperking weekliks in die gemeenskapsaal op Danabaai bymekaargekom om handwerk te doen.
Tydens byeenkomste is daar onderling hulp verleen om verskillende handwerktegnieke te bemeester, byvoorbeeld om te hekel en te brei. Nuwe intrekkers is altyd welkom en ook vroue uit ander woongebiede.
Die groep het vanjaar reeds meer as 200 mussies gebrei asook verskeie komberse. Dit is onderskeidelik aan die provinsiale hospitaal geskenk asook aan tehuise en die hofkamer vir kinders by die Mosselbaai-landdroshof.
Die Danabaai se kunsvlytvroue laat nie toe dat die inperking hulle onderkry nie. Hulle benut die tyd om ‘n positiewe bydrae te lewer in die gemeenskap vir bejaardes en kinders.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'