MOSSELBAAI NUUS - Enkele dae nadat die naambord by die toegang na Danabaai vervang is, is dit weer deur vandale beskadig.
Vroeër is die naam, wat sedert die tot standkoming van die dorpsuitbreiding trots by die toegang die rigting aangewys het, tydens protesoptrede beskadig.
Die beskadigde letters is verwyder en die nuwe naam, geborg deur Twana Roets van Japie Krige Eiendomme is op 19 Desember deur Dean Espach, 'n bestuurslid van die Danabaai Bewarea Inwonersvereniging vervang. Hy is bygestaan deur Ockie Pienaar en André de Beer.
Wyksraadslid Marie de Klerk het haar teleurstelling oor die vandalisme uitgespreek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'