MOSSELBAAI NUUS - Danabaai spog weer met 'n amptelike naambord danksy die harde, nougesette werk van die Danabaai Bewarea Inwonersvereniging.
Die dryfkrag agter die naamsprojek, Dean Espach, 'n bestuurslid van die Bewarea, het Woensdag opgewonde opgemerk dat die nuwe naam wat by die ingang opgerig word, heelwat inwoners se droom bewaarheid.
"Die vorige naambord wat sedert die dorpsuitbreiding tot stand gekom het by die ingang gepryk het, is tydens onluste vroeër vanjaar tot beskadig.
Sedertdien is gewerk om die naam weer netjies te laat vertoon," aldus Dean. Hy het die dienste van Ockie Pienaar en André de Beer ingespan om die droom te verwesentlik.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'