Update
DANABAAI NUUS - Groot-Brakrivier se polisie-woordvoerder, konstabel Laurianne Botha, het bevestig dat die kaper wat 'n vrou by die toegang na die dorp gekaap het, omstreeks 20:00 op Donderdagaand, 1 November in Wolwedans gearresteer is.
Twee vroue van Danabaai was in kapingsvoorvalle baie vroeg op Sondag, 28 Oktober by die verkeerskruising by die toegang na die woonbuurt betrokke.
In die eerste voorval omstreeks 04:20 het die slagoffer daarin geslaag om te ontsnap. In die tweede voorval, sowat 10 minute later, het die kapers egter daarin geslaag om by die verkeerskruising in die slagoffer se voertuig te klim en het uiteindelik haar voertuig gesteel.
Een verdagte het die polisie ontsnap, maar adjudant-offisier Gerhard Crause en reserviskonstabel André Terblanche van die Groot-Brakrivier-polisie het die gesteelde voertuig in die besit van die gearresteerde beskuldigde gevind. 'n Hoeveelheid tik is ook in die proses opgespoor.
Die beskuldigde het Maandag in die Mosselbaaise-landdroshof voorgekom.
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'